Groupe PSA | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 1965 |
Hoofkantoor | Parys, Frankryk |
Sleutelpersone | Peugeot-familie Carlos Tavares |
Gebied bedien | Afrika, Europa, Latyns-Amerika, Midde-Ooste, Volksrepubliek China |
Industrie | Motorvervaardiger |
Produkte | Motorvoertuie kommersiële voertuie motoronderdele |
Dienste | Motorfinansiering voertuigverhuring voertuigdiens |
Inkomste | € 54,359 miljard (2014)[1] |
Netto inkomste | € 0,435 miljard (2014) |
Werknemers | 184.804 (2014) |
Moedermaatskappy | Peugeot-familie (14,1%), Franse Republiek (14,1%), DongFeng Motormaatskappy (14,1%) |
Divisies | Peugeot Citroën DS Motorvoertuig Opel Vauxhall Motors |
Webwerf | psa-peugeot-citroen.com |
Die Groupe PSA (in Afrikaans, Groep PSA; afgekort PSA; soms Peugeot-Citroën genoem; vorige naam, 1991–2016, PSA Peugeot Citroën) is 'n multinasionale korporasie wat motorvoertuie vervaardig. PSA staan vir Peugeot Société Anonyme.
Die belangrikste fabrieke is geleë in Europa (Frankryk, Spanje, Portugal, die Tsjeggiese Republiek, Slowakye, Italië), in Asië (Turkye, Iran, China), in Afrika (Marokko, Nigerië), en Latyns-Amerika (Brasilië, Argentinië).
Die belangrikste markte vir PSA in 2014 was in Wes-Europa en China.
PSA se aandele vorm sedert 23 Maart 2015 deel van die CAC 40-mandjie op die effektebeurs Euronext in Parys.[2]
In 2015 het PSA 2 973 000 motors verkoop, 'n groei van 1.17% teenoor 2014.[3]
Na 88 jaar van eienaarskap het General Motors Opel en Vauxhall Motors in 2017 aan die Franse motorvervaardiger PSA verkoop.[4]